Eduard die Swart Prins

Eduard die Swart Prins
Portret (ongeveer 1430's)
Prins van Wallis
Heerskappy15 June 1330 - 8 June 1376
Geskep12 May 1343
VoorgangerEdward van Caernarfon
OpvolgerRichard van Bordeaux
Gebore15 Junie 1330
Oorlede8 Junie 1376 (ouderdom 45)
EggenootJoan van Kent (m. 1361 - 1376)
VaderEduard III van Engeland

Edward, die Swart Prins (Woodstock Paleis, Oxfordshire, 15 Junie 1330 – Westminster Paleis, 8 Junie 1376), ook bekend as Eduard van Woodstock, was die oudste seun van Koning Eduard III van Engeland.

Edward is te Woodstock Palace, vlakby Oxford gebore. Hy word Prins van Wallis in 1343 en volg sy vader op in die stryd teen Frankryk. Hy word 'n beroemde soldaat wat met die oorwinning by die slag van Crécy gehelp het en hy was ook die bevelvoerder tydens die slag van Poitiers. Hy was 'n stigterslid van die Orde van die Kousband en in 1361 trou hy met sy niggie Joan van Kent. Saam kry hulle twee seuns, Edward en Richard. Die oudste seun, Edward, sterf toe hy ses jaar oud was.

Eduard van Woodstock is in die geskiedenis bekend as "die Swart Prins", maar die rede vir hiedie bynaam is onbekend. In 1346 sterf hy op die ouderdom van 45 jaar en word in Canterbury-katedraal begrawe. Aangesien sy vader nog gelewe het, het hy nooit self koning geword nie. Hy het sy vader gevra om die titel Prins van Wallis aan sy seun Richard, wie later koning Richard II van Engeland geword het, te gee.


Developed by StudentB